2024 Formule Een-seisoen

2024 FIA Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen
Vorige: 2023 Volgende: 2025
Indeks van wedrenne volgens land en seisoen.
Max Verstappen is die 2023-jaerkampioen.

Die 2024 FIA Formule Een Wêreldkampioenskap is 'n motorrenkampioenskap vir Formule Een-motors wat tans onderweg is. Dit is die 75ste uitgawe van die Formule Een Wêreldkampioenskap. Dit word deur die Fédération Internationale de l'Automobile (FIA), die beheerliggaam van internasionale motorsport, as die hoogste klas kompetisie vir oopwiel-renmotors erken. Die kampioenskap word oor 'n rekord van vier-en-twintig Grands Prix beslis, wat regoor die wêreld gehou word. Dit het in Maart begin en sal in Desember eindig.

Renjaers en spanne ding onderskeidelik mee om die titels Wêreldrenjaerkampioen en Wêreldvervaardigerkampioen. Max Verstappen is die heersende jaerskampioen, terwyl sy span, Red Bull Racing-Honda RBPT, die heersende vervaardigerkampioen is.[1][2]

  1. "Verstappen secures third F1 world title as Piastri takes Sprint victory in Qatar". Formula1.com. 7 Oktober 2023. Besoek op 7 Oktober 2023.
  2. "Verstappen dominates for Japanese GP victory as Red Bull secure back-to-back constructors' titles". Formula1.com. 24 September 2023. Besoek op 24 September 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy